SAN AMBROSO 1891
Ek is besig om die 'site' met die oorspronklike SAN AMBROSO kerk (1891) op te knap en in te rig vir toekomstige funksies, troues, pieknieks en 'High Tea's' - of wat ookal jy wil hĂȘ, ek daar vir jou moet doen.
Dit is baie opwindend, aangesien die kerk een van die besienswaardighede in en om Knysna is, en ook omdat dit op Knysna se roetekaart aangedui word. Dit word reeds daagliks deur toeriste besoek.
Johnny Clegg het ook in sy program op TV 'n onderhoud met Rayno (plus 'n insetsel oor die geskiedenis van die Italianers, en die SAN AMBROSO kerk) gevoer.
Ek sal julle op hoogte hou van die vordering, asook van al die aktiwiteite wat gaan volg. As alles volgens plan verloop, sal die opening DV in Oktober 2011 plaasvind.
My man se oupa se suster Josephine Laing was getroud met 'n Rabolini. As daar enige inligting oor hulle by die kerk is sal ek dit nogal waardeer! Soek al jare na meer inligting. As nie, is dit in elk geval 'n plek wat ek wil kom besoek een dag!
ReplyDeletePauline Hanekom