Friday, 22 July 2011

Julie 2011

                                                       Fase Een
                                                                  

Saint Ambrogio word huidig San Ambroso genoem as gevolg van 'n kerksplaat met 'n foto gedateer 1920, waarop die naam daarvolgens verander is.

                                                      
Die Grassi, Sciocatti, Fardini, Rabolini,  Mangiagalli, Tome en ander Italianer families land in 1881 in die Kaap, en word per skip (SS Natal) na Knysna vervoer.  Die San Ambroso kerk word in 1891 opgerig op die gemeenskaplike grond te Gouna. 

In 2006 bekom Rayno Sciocatti die grond, en begin hy om die kerk te restoureer.  Met behulp van ou dokumentasie en foto's, slaag hy daarin om die kerk tot sy oorspronklike vorm te restoureer.  Vandag word dit bedryf as 'n besienswaardigheid, as 'n lokaal vir troues en ander klein funksies,
asook vir die onderrig van studente in geskiedkundige herkoms.  Rayno is baie betrokke by die hele proses, en dien dikwels as mentor vir studente wat Italiaanse Geskiedenis as vak neem.
Vandag word die plaas bedryf met :
  1. Fase Een  :  Restourasie van die kerk
  2. Fase Twee  :  Produksie  en verkoop van organiese produkte vanuit die slaghuis op die perseel 
  3. Fase Drie  :  La Gracia  Tea Garden
  4. Fase Vier  :  Inrig van die perseel vir troues en funksies
  5. Fase Vyf  :  Bedryf van gastehuis met die oog op plaasvakansies vir families
  6. Fase Ses  :  GIG vir Musiekaande 
  7. Fase Sewe  :  Kunswerkswinkels    

No comments:

Post a Comment